Ontwikkelde land

Lande volgens ekonomiese ontwikkeling in 2008:

   Ontwikkelde lande

   Ontwikkelende lande

   Mins ontwikkelde lande

   Data onbeskikbaar

Klassifikasie volgens die IMF en die VN
’n Wêreldkaart wat die kategorieë van die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (geskoei op data uit 2018 wat in 2017 gepubliseer is).[1]

   0,800–1,000 (Baie hoog)

   0,700–0,799 (Hoog)

   0,555–0,699 (Gemiddeld)

   0,350–0,554 (Laag)

   Data onbeskikbaar

’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard.[2] Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word.

Ontwikkelde lande het ’n post-industriële ekonomie, wat beteken die dienssektor verskaf meer rykdom as die nywerheidsektor. Daarteenoor is ontwikkelende lande besig om te industrialiseer of hoofsaaklik op landbou aangewese. In 2015 het gevorderde ekonomieë 60,8% uitgemaak van die wêreldwye BBP gebaseer op nominale waardes en 42,9% van die wêreldwye BBP gebaseer op koopkragpariteit (KKP), volgens die Internasionale Monetêre Fonds.[3] In 2015 was die 10 grootste gevorderde ekonomieë volgens BBP in beide nominale en KKP-terme Australië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Suid-Korea, Spanje, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Koninkryk.[4]

  1. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2019.
  2. Developed Economy Definition Geargiveer 22 Maart 2016 op Wayback Machine. Investopedia (2010-04-16). Besoek op 2013-07-12.
  3. IMF-BBP-data (Oktober 2015) Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine
  4. "Gross domestic product, current prices & Gross domestic product based on purchasing-power-parity (PPP) valuation of country GDP". World Economic Outlook Database, Oktober 2015 (in Engels). Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 15 Oktober 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search